By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Big 5 Guest House

Big 5 Guest House in Die Heuwel, Witbank, is ‘n gewilde gastehuis wat gerieflike verblyf met of sonder etes bied, en bekend staan vir vriendelike diens.

Big5 beskik oor ‘n wye verskeidenheid kamers,  en bedien smaaklike etes, terwyl die teetuin en kapel perfek is vir bruilofte en funksies soos ‘n kombuistee/ baba & verjaarsdag-vierings.

Soos julle kan sien, bied Big 5 eersteklas-fasiliteite aan die vakansieganger, die sakereisiger en aan gaste wat funksies bywoon. Hulle geriewe is uit die boonste rakke, en hul streef om aan gaste ‘n gerieflike en aangename verblyf te voorsien.

Die konferensiekamer met sy moderne geriewe is ideaal vir kleiner groepe, terwyl die swembad ‘n lekker ontspanningsarea voorsien.
Kontaknommer:013 656 4646
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site