By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Botlierskop Private Game Reserve

Botlierskop Private Game Reserve net buite Klein Brak naby Mosselbaai, is 'n luukse wildreservaat op die Tuinroete wat wildritte, perde-safari's en soveel meer bied.

Kom geniet 'n Safari-ervaring, met 'n reeks luukse akkommodasie-opsies - van weelderige tent-lodges en statige herehuis-suites tot skouspelagtige, selfsorg-villa's en 'n hele dorpie wat met kinders in gedagte gebou is. 

Botlierskop se dagsentrum het 'n swembad vir volwassenes, 'n swembad met waterglybane vir die kinders en 'n fonteinswembad vir die kleintjies. Ruim dekke kyk uit oor die damme, swembaddens en pragtige uitsigte. Voorwaar iets vir almal. 

Onlangs is die "Fijnebos Spa" ook geopen met 'n uitgebreide behandelingslys. 

Botlierskop Private Game Reserve - Kom deel die oorvloed en asemrowende skoonheid wat hierdie 4 200 hektaar reservaat bied.

Kontaknommer:044 333 0021
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site