By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Daleen's Properties

Daleen's Properties in Boksburg, het pas begin en hulle spesialiseer in die koop en verkoop van eiendomme asook verhurings, privaat of vir besighede.

Daleen Nel is in ‘n klas van haar eie as dit by eiedomme kom. Sy was al 2 keer nasionale verkoopsagent van die jaar en 3 keer die nasionale naaswenner. Daleen se span kry persoonlike opleiding en is passievol en toegewyd. Sy staan hulle by en help hulle om hul doelwitte te bereik.

Hier is harde werk niks nuuts nie ... dis maar net hoe dit gewoonlik gedoen word. Daleen’s Properties doen sake dwarsoor die Oos-Rand, maar is onder geen omstandighede gebiedsgebonde nie.

Hulle is daartoe verbind om die lewens van kliënte, werknemers en die breër gemeenskap te verryk deur uitstekende diens, integriteit, volharding, vertroulikheid, eerlikheid, lojaliteit en betroubaarheid. 

Daleen's Properties – kom maak die koop en verkoop van vaste eiendom 'n lonende en onvergeetlike ervaring met die hoogste vlak van diens, integriteit en openhartige kommunikasie.
Kontaknommer:083 307 3128
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site