By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Dube Privaat Wildreservaat

Versteek in die mooi bosveld van die Noordwes Provinsie, lê Dube Privaat Wildreservaat – net 45 minute vanaf Pretoria en 70 minute vanaf Johannesburg. 

Dube bied besoekers ‘n ware dosis Bosveld, gemeng met moderne geriewe en onberispelike en vriendelike diens. ‘n Gerieflike wildreservaat waar jy ‘n stukkie ongerepte Afrika naby die huis kan ervaar.

Dis ‘n stil en rustige gesinsoord met Wi-Fi beskikbaar. Daar is 12 unieke, volledig toegeruste selfsorg-chalets in privaat omgewings tussen die natuurlike bos wat gaste privaatheid bied met pragtige uitsigte oor die omliggende bosveld.

Die karavaan en kampeerplekke bestaan uit 200 ruim, aantreklike, staanplekke (grasperk, plaveisel of grond) onder die skaduwee van omliggende bome – meeste toegerus met kragpunte, waterkrane en vullisdromme. Daar is ook 4 silwerskoon ablusieblokke met gesinsbadkamers beskikbaar.

Dube bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite: Voëlkyk, Trampoliens, Bergfietsroetes, Watersproeiers en Speelgronde. Hier is vier koue swembaddens en ‘n verhitte binnenshuise swembad. Dan ook nog 5 waterglybane en Lui rivier-ritte. Verder kan jy vang-en-loslaat visvang, of die staproetes en Wildritte doen. Die Putt-Putt baan bly ook populêr.

Dube spog met ‘n uitstekende winkel wat alles het wat jy mag nodig kry. Die Shalom Funksiegebou is daar vir konferensies, troues en vele ander funksies. Hierdie malariavrye bestemming is die tuiste van ‘n wye verskeidenheid diere - 14 verskillende spesies wild en meer as 200 spesies voëllewe is al aangeteken.

Dube Privaat Wildreservaat – ‘n Vyfster wegbreekgeleentheid teen bekostigbare pryse.
Kontaknommer:073 171 8331
Copyright © Ontbytsake 2022 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site