By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Execustay Boutique Gastehuis

Execustay Boutique Gastehuis in Nelspruit, is sentraal geleë en baie naby aan alle besienswaardighede en dienste. Hulle verskaf uitmuntende akkommodasie vir die korporatiewe mark asook vir vakansiegangers. 

Execustay bied moderne, eksklusiewe en luukse akkommodasie met 12 ruim kamers - elkeen individueel en elegant ingerig met ‘n hoë vlak van gemak en die beste linne en bykomstighede. 

Konsultasie- of mini konferensiegeriewe is ook beskikbaar.

Ontbytspyskaarte word spesiaal ontwerp en elke dis word vars voorberei. Die kombuis kan aan enige spesiale dieëtvereistes voldoen. Dit is nie net gewone ontbyte nie - Dis uitsonderlik!

Execustay Boutique Gastehuis – Baie luuks, eksklusief en definitief waarde vir geld.
Kontaknommer:079 413 1997
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site