By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Glen Cullen

Glen Cullen Private Country Estate, ‘n nuwe dorpsuitbreiding aan die noordooste van Middelburg, Mpumalanga, bied jou ‘n alternatiewe leefstylkeuse in die residensiële eiendomsmark.

Glen Cullen se voltitel erwe wissel vanaf 8,500 vierkante meter tot 1,2 hektaar en is geleë in ‘n rustige landelike omgewing naby aan die natuur waar jy weer kan leef sonder om oor jou skouer te loer.

As ‘n totaal onafhanklike dorp, stel Glen Cullen jou vry van onredelike, onvoorsiene prysverhogings vir onbetroubare munisipale dienste, en verseker die toekomstige waarde van jou eiendom.

Glen Cullen se geïntegreerde en gevorderde sekuriteitstelsels verseker inwoners se veiligheid, wat ook met laer erfbelasting gepaard gaan.

Die pryse van grootmaat-dienste word deur die eienaars self bepaal. Dit bring gemoedsrus in die wete dat toekomstige eiendomswaarde nie aan die funksionering van ‘n munisipaliteit onderhewig is nie, en dat jou belegging veilig is.
Kontaknommer:082 388 3538
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site