By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

HEIDELBERGKLOOF LODGE

HEIDELBERGKLOOF LODGE op Heidelberg is gerieflik geleë in ‘n natuurlike omgewing aan die voet van die prentjiemooi Suikerbosrand Natuur-reservaat.

Heidelberg Lodge bied luukse akkommodasie met ontbyt, asook akkommodasiegeriewe vir tot dertig afgevaardigdes vir vergaderings en konferensies.

Die konferensiegeriewe is ideaal vir privaatfunksies en -vergaderings sowel as vir spanbou en ander besigheids-doeleindes.

By die Lodge geniet gaste gerieflike verblyf in ‘n skilderagtige omgewing; die kamers is ontwerp om ‘n pragtige uitsig oor die Heidelbergkloof te bied. Die en-suite kamers is noukeurig versier en in ‘n klassieke styl gemeubileer.

Ons is bevoorreg om baie goeie toegewyde personeel te hê, wat graag an die belange van die gaste omsien, en ek wil dan ook almal uitnooi om van die geleentheid gebruik te maak om ons te kom besoek.
Kontaknommer:079 122 1708
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site