By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Huis Herfsblaar

Huis Herfsblaar is geleë in die boomryke voorstad van Queenswood, Pretoria en hulle voorsien voortreflike bejaarde-sorg. Die een-stop diens sluit in meenthuise, woonstelle, versorging en ‘n sub-akute fasiliteit. 

Die hoofkompleks bestaan uit vier blokke met gerieflike enkel- en dubbelwoonstelle. Die meenthuiskompleks het 1 tot 3 slaapkamer-eenhede met jou eie motorhuis, privaat tuin, ‘n sekuriteitsomheining en ‘n 24-uur bemande toegangshek.

Daar is ‘n magdom aktiwiteite beskikbaar en ‘n mediese advies kliniek is op die perseel waar privaat dokters ook gereeld die fasiliteit gebruik.

Die sorgeenheid het toegewyde en bekwame personeel en bestaan uit enkele en dubbelkamers.  Alles is aangepas om in verswakte inwoners se behoeftes te voorsien.

Huis Herfsblaar – Onder die voogdyskap van die NG Gemeente Queenswood is liefdevolle versorging hulle voorreg.
Kontaknommer:012 333 4445 x 143
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site