By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

La Croché Lodge

La Croché Lodge op die hoek van Theron en Kerk strate in Betlehem, is ‘n lieflike Bed en Ontbyt Lodge wat jou absolute tevredenheid kan waarborg. Hulle hartlike en vriendelike ontvangs, sal jou laat voel of jy tuis gekom het.

Die lodge is bekend vir die heerlike kos wat hier bedien word… 
Die kamers is warm en huislik ingeklee en het alles wat jy enigsins mag benodig. Hulle bied veilige parkeerplek met 'n elektriese heining en 'n veiligheidswag wat 24/7 aan diens is. Die perseel is toegerus met CCTV-moniteringskameras. 

Die Lodge is gekoppel aan 'n heerlike  kroegrestaurant, waar vreemdelinge vriende word en jy heerlike disse kan geniet. Die pragtige Lapa en Braai-fasiliteit is beskikbaar met vooraf bespreking en die konferensiefasiliteite is van hoë gehalte. 

La Croché Lodge Betlehem – Die perfekte verblyf vir die besigheidspersoon of as jy die pragtige Oos-Vrystaat en al sy besienswaardighede wil ontdek.
Kontaknommer:058 303 9229 / 9837
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site