By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Lowveld Living Guesthouse

Lowveld Living Guesthouse in Nelspruit is perfek geleë om die omgewing te verken, insluitend die Kruger Wildtuin en die Panorama-roete deur Graskop, Pelgrimsrus en Sabie.

Hier is puik akkomodasie vir sakemense of vakansiegangers, met ruim slaapkamers wat gemaklik ingerig is met alles wat jy mag nodig kry. Die personeel is vriendelik en bekend daarvoor dat hulle gaste op die hande dra en bederf.

Die gastehuis word oopgestel vir Kombuistee’s en oeievaarstee’s op die stoep en mooi grasperk. Groot groepe wat die hele gastehuis wil bespreek vir funksies, familie-kuiers of jaareindfunksies is ook welkom.

Lowveld Living Guesthouse – Hulle bied goeie tariewe en is altyd bereid om met enige spesiale versoeke te help.
Kontaknommer:074 637 0067
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site