By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Robertson Leefstyl Landgoed

Robertson Leefstyl Landgoed is sinoniem met ‘n sorgvrye leefstyl in die pragtige Wes Kaap wynlande. Die eerste huise is middel 2019 afgegee en die Carewell Robertson Hospitaal het einde 2020 op die landgoed oopgemaak.

Hier kan jy onafhanklike leefstylhuise op plot en plan basis koop en enkel residensiële erwe is ook beskikbaar. Beide tipe eiendomme word op Eie-titel basis verkoop. Verskillende versorgingspakette is beskikbaar om aan elke inwoner se unieke behoeftes te voldoen.

Die Carewell Robertson Privaathospitaal bied topklas mediese ondersteuning aan alle inwoners in die Landgoed. Carewell Robertson is ook oop vir die algemene publiek en is geakkrediteer by alle mediese fondse. 

Robertson Leefstyl Landgoed – ‘n Sorgvrye lewenstyl met 24 uur bemande sekuriteit - pragtig geleë tussen wingerde aan die voet van die Langeberg met ‘n winkelsentrum en alle noodsaaklikhede binne maklike bereik.
Kontaknommer:062 781 0189
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site