By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Rusoord Centurion

Rusoord Centurion is ‘n tehuis vir bejaards in die hart van Lyttelton en bied vir baie jare ‘n veilighe hawe en tuiste vir ouer persone waar hulle deur toegewyde en bekwame personeel versorg word. Hulle verwelkom enigiemand bo 60 jaar om deel van hulle familie te word.

Hulle maak voorsiening vir 132 inwoners met enkelkamers, deelkamers en kamers vir egpare.  Daar is  3 afdelings vir selfversorgende inwoners, verswakte inwoners en inwoners wat aan demensie en Alzheimers ly. Badkamers is spesifiek ingerig om ondersteuning deur verpleegpersoneel aan die inwoner te vergemaklik.

Rusoord voorsien 24-uur mediese versorging en toesig deur bekwame opgeleide verpleegpersoneel met baie jare ervaring in die veld van bejaardesorg

Die Demensie afdeling is spesifiek aangepas vir die behoefte en Inwoners word betrek by vele kreatiewe projekte.

Rusoord Centurion – volkome sorg met die dienste van ‘n privaat algemene praktisyn en fisioterapeut ook beskikbaar.
Kontaknommer:012 664 5835
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site