By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Seeff George

Seeff is die mees gevestigde eiendoms-handelsmerk in Suider-Afrika, wat al meer as 'n halfeeu besigheid doen. Seeff George het met 2 agente begin en tans werk daar meer as 20 agente met verkope en verhurings, wat vanaf Glentana in die suide tot by Swartvlei in Wildernis strek. 

Hulle werk is om mense met die regte eiendom te verbind deur middel van hulle ervaring en kennis. Die verkoop en verhuring van eiendom is hulle passie.

Seeff George het 'n toegewyde span om kopers en verkopers te help met navrae, verbandverkryging, oordrag en nakomingsertifikate tot registrasie. Wat huurgeld betref, kry hulle die beste huurders vir hulle kliënte. Hulle gebruik slegs die beste sagteware om die huurboek doeltreffend te bestuur en om aan alle wette te voldoen.

By die George-tak is die eienaars en prinsipale altyd beskikbaar vir die personeel en kliënte, en hulle bou voortdurend aan 'n vertrouensverhouding met albei.

Seeff George – die uitsoek-agentskap vir George en die omliggende gebiede.
Kontaknommer:044 871 5195
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site