By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Space Energy Design

Space Energy Design is 'n volspektrum “home staging” onderneming in Johannesburg. Hulle omskep leë en besette huise op die mark, tot warm en verwelkomende meesterwerke op die skoudag, wat potensiële kopers lok, motiveer en inspireer, en uiteindelik vinniger verkope en meer opbrengs op die belegging moontlik maak. Hulle is trots daarop om die kuns van estetiese aantrekkingskrag te balanseer met die wetenskap van verkoop.

Dit is al lank bekend dat die verkoop van 'n ongemeubileerde huis baie moeiliker is as die verkoop van een wat goed ingerig is. Leë huise is gewoonlik yl en kan beteken dat potensiële kopers gefokus is op afwerkings in plaas van die huis as 'n tuiste.

“Home Staging” deur Space Energy is die suksesvolle, nuwe manier om jou huis vinniger te verkoop en 'n hoër prys te verkry. Hulle fokus daarop om 'n styl te skep wat neutraal genoeg is om by alle kopers aanklank te vind. Die style wat gebruik word, is nie net ontwerp om die beste eienskappe van die huis uit te lig nie, maar gee ook 'n opwindende blik op die verborge potensiaal.

Space Energy Design – Verkoop jou huis vinniger....vir meer.
Kontaknommer:Vanessa de Villiers: 082 571 9993
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site