By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sugarbush Hill Country Cottages

Sugarbush Hill Country Cottages, 28 kilometer buite Rustenburg op die Kromrivier pad, bied heerlike vakansieverblyf en is ook die ideale plek vir Troues, Partytjies, Werksfunksies, Reunie's, Rampartytjies, Kombuistees en Babatees.

Die vriendelike en behulpsame personeel sal jou regdeur bystaan. Die cottages en terrein is altyd netjies en skoon, want die eienaars is self heeltyd betrokke. Kom geniet gerus die mooi uitsig oor die Vallei en Magaliesberge in hierdie veilige omgewing.

Dis is ‘n klein vakansie-oord en lewer daarom ‘n persoonlike en gasvrye diens wat hulle gaste veilig en tuis laat voel.

Sugarbush Hill Country Cottages – Lekker verblyf en ‘n uitstekende lokaal vir troues – jou rustige wegbreekplek in die Magaliesberge.
Kontaknommer:010 442 2553
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site