By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

The Hilton Bush Lodge

The Hilton Bush Lodge, in die KwaZulu-Natalse Middelande, is 'n idilliese ontvlugting van die geskarrel. Dit is 'n rustige, maar verkwikkende plek om te wees - Afrika op sy beste.

The Hilton Bush Lodge is bekend vir sy onopgesmukte elegansie en aandag aan detail. Hulle is beide professioneel en aangenaam en elke geleentheid word volgens die kliënt se spesifikasies aangepas.

Alhoewel dit gesofistikeerd is, is dit spesifiek ontwerp om in harmonie te bly met die onaangeraakte 40-hektaar bosveld. Dis die perfekte samesmelting van ‘n skilderagtige, landelike omgewing en moderne fasiliteite met gemaklike akkommodasie, hoë tegnologie konferensie-fasiliteite en 'n kapel vir droomtroues wat alle verwagtings oortref. 

Die kamers is pragtig en elkeen het 'n uitsig oor die Rietspruit- of Umngeni-valleie met privaat stoepe. Die geluid van voëls en die waterval is die enigste steurnisse.

The Hilton Bush Lodge – vir diegene wat die fyner dinge in die lewe waardeer.
Kontaknommer:033 004 0033
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site