By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Victoria Boutique Hotel

Die karoodorpie, Hofmeyr, in die Oos-Kaap spog met die Victoria Boutique Hotel wat dateer uit 1880 en nou weer in sy volle glorie herstel is. Na 8 maande se restourasiewerk het die deure in Januarie 2021 weer oopgemaak.

Hulle bied puik akkommodasie in elkeen van die 11 netjies versorgde kamers met en-suite badkamers, Lugversorging, DSTV en lekker elektriese warmkomberse teen die Karoo koue.

Daar’s ‘n Koffiestasie teen die dors en hulle spog ook met ‘n topklas Restaurant, wat bestuur word deur ‘n gesoute sjef, wat jou sal bederf met watertand geregte. 

Die pragtige kroeg is ook ‘n geliefde kuierplek vir die dorpsmense.

Victoria Boutique Hotel – enig in sy soort met unieke styl en klas vir ‘n onvergeetlike plattelandse ervaring, gerugsteun deur egte Karoo-gasvryheid en vriendskap.
Kontaknommer:072 553 7523
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site