By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Earthbound Distillery

Earthbound Distillery in Centurion bied aan kliënte ‘n totale produk-ervaring in ses variante van Jenewer en twee variante van Rum. Earthbound is ‘n ware ambags-distilleerdery wat aktief deur die eienaars bedryf word. Kliënte kry toegang tot die proses, toerusting en metodes, vir ‘n unieke opvoedkundige ervaring as deel van die proe-proses.

Earthbound Distillery het twee gesogde toekennings verwerf met hulle Crystal Gin wat ‘n dubbel Goud toekenning gekry het en hulle Angel Breath (aarbei jenewer) wat ‘n enkel goud verwerf het by die 2021 “South African Craft Gin Awards”.

Earthbound Distillery voorsien ook ‘n diens oor hoe om produkte korrek te ruik en proe en hoe een produk in tot en met vyf en meer verander kan word. 

Hulle verskaf toere deur die distilleerdery waar kliënte kan sien hoe en waarmee dit gemaak word, en wie dit maak, asook die higiëniese standaarde wat gehandhaaf word. 
Kontaknommer:082 803 0126
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site