By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Labora Yard

Labora Yard in Centurion huisves twee ‘Craft gin’ distilleerders, ‘n uitsoek bier brouery, ‘n  unieke koffiewinkel, Italiaanse pizza, gas vir die koue en Kakiebos-klere vir die mooigeit … dit bied ‘n uitgesoekte mengsel van besighede en unieke ontwerp, reg om jou ‘n nuwe ervaring te gee.

Die Labora koffiekafee en bakkery bied vars gebak,’n rustige atmosfeer en kos wat jou weer sal wil laat terugkom. Die baristas staan gereed om jou te ontvang.

Craft Bier vir die dors! …hier kan jy jou ‘growler’ vol maak vir die huis of net ‘n lekker bier sit en drink.

‘Omavi Omaya Gin’ is geïnspireer deur die ongerepte, natuurskoon van Namibië. Dis handgemaak en vertoon die ideale balans tussen droogheid en ligte verversing.

Die Stadspoort was die plek waar mense in bybelse tye bymekaar gekom het om oor alles te klets …. Maar hierdie Stadspoort se vlagskip gin is handgemaak met gemmer en heuningbos. Kom proe gerus die ander style ook 

Wat is ‘n dorp sonder ‘n brouery? Labora Yard se brouery is in 6 skeepshouers ingepas. Met ‘n 1000 liter kapasiteit en aangedryf deur gas, sonenergie en baie aandag. Dis Centurion se eie bron van Craft bier vir die fynproewer.

Ovenhouse se pizza’s word dikwels gekomplimenteer as die beste pizza’s in die land.  Kom probeer dit en as jy wil -  koop sommer jou eie pizza-oond ook. 

Stargas, is die innoveerder van die eerste deurry gas-hervul konsep, sowel as voorlopers in gasaflewerings en installasies vir tuis- of kommersiële verbruik.

Labora Yard huisves ook die eerste konsep Kakiebos klerewinkel. Weereens ‘n nuwe ervaring om te ontdek en unieke klere te koop.  

Labora Yard sal jou weer en weer laat terugkom met die unieke mengsel van besighede en die feit dat hulle hou van lekker mense…
Adres:Centurion, Gauteng
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site