By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Perdeberg Wynkelder

Perdeberg Wynkelder, geleë in die skaduwee van die Paardeberg in die Paarl, het sy naam gekry van die troppe bergsebra wat destyds op die voetheuwels rondgeloop het. 

Die voortreflike kwaliteit van droëland-wingerde en hulle innoverende wynmaaktegnieke kombineer om premiumwyne van wêreldgehalte te maak. Perdeberg staan bekend as die tuiste van Chenin Blanc, omdat dit verskeie versnitte van dié edel druifsoort in sy wynreeks toon.

Eat@Perdeberg is 'n plattelandse kombuis restaurant. Onder sjef Rob Hahn sal sy span jou bederf met heerlike, tuisgemaakte geregte van plaaslike produkte.

Perdeberg Wynkelder – Hulle doen ook korporatiewe funksies, troues en privaat funksies. Groot waarde wat jy nie sal verwag teen hulle pryse nie.
Kontaknommer:021 869 8244
Copyright © Ontbytsake 2022 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site