By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Royal Cream Treat

As ‘n familie onderneming is Royal Cream Treat Roomys reeds meer as 21 jaar in bedryf. Hulle missie is om kwaliteit roomys teen bekostigbare pryse te vervaardig en om ‘n betroubare diens aan kliënte te lewer – hulle wil graag bydra tot hulle kliënte se sukses.

Hulle vervaardig roomys volgens beproefde Europese resepte en gebruik slegs bestanddele van die hoogste kwaliteit en standaarde. Hulle ding in ‘n hoogs kompeterende mark mee en het al ‘n beduidende deel van die mark verower. 

Royal Cream Treat konsentreer hulle verkope op restaurante, die spysenieringsbedryf, supermarkte, die algemene publiek en die informele sektor. Hulle verskaf ook produkte aan kliënte in Gauteng, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga asook in die buurlande.

Die algemene publiek is welkom by hulle fabriekswinkel in Pretoria. Kontak hulle gerus vir enige navrae en flink diens. Hulle sien uit daarna om enige handelsnavrae te beantwoord.
Kontaknommer:012 546 9172 / WhatsApp: 066 137 3364
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site