By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Zuid-Afrikaans Hospitaal

By Zuid-Afrikaans Hospitaal in Pretoria kan pasiënte ‘n allesomvattende diens verwag – vanaf die splinternuwe Noodeenheid tot by die rehabilitasiesentrum. 

Zuid Afrikaans Hospitaal is ‘n privaat hospitaal wat kerndienste soos kardiologie, kardiotoraks-, spinale-, oor-neus-en-keel-, algemene en ortopediese chirurgie aanbied. 

Addisionele fasiliteite en dienste sluit fisioterapie, oudiologie, spraakterapie, dieetkunde, radiologie, patologiedienste, en ‘n apteek in.

Die hospitaal se biokinetiese rehabilitasiesentrum help pasiënte om so gou moontlik na ‘n normale leefstyl terug te keer. 

Zuid Afrikaans is trots daarop om ‘n verskil te maak in die lewens van ons gerespekteerde pasiënte.
Kontaknommer:012 343 0300
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site