By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Magaliesberg Canopy Tour

Canopy Tours het in 2000 ontstaan met die bou van Afrika se eerste boomtop-zipline-toer in die Tsitsikamma-woud langs die Tuinroete. Daar is nou 7 Canopy Tours in Suider-Afrika, insluitend Magaliesberg. 

Elkeen is in ongerepte en ontoeganklike wildernisgebiede, en elke Canopy Tour is heeltemal anders. Hulle het gaste wat landwyd reis en al 7 Canopy Tours doen. Magaliesberg en die wonderlike gidse wat hier werk, is dikwels die gunsteling!

Hulle bied 'n avontuurlike ziplyn ervaring hier binne een van die oudste bergreekse ter wêreld. Jy kan 'n voorheen ontoeganklike en onaangeraakte natuurlike omgewing besoek en 'n arendsblik op hierdie spesiale plek kry.

Die rol van Canopy Tours is om Suid-Afrikaners te help om meer avontuurlik te wees en pragtige plekke op hulle drumpel te ontdek. 

Magaliesberg Canopy Tour – Kom buitentoe - dit is die veiligste plek om te wees!
Kontaknommer:014 535 0150 / 079 492 0467
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site