Broll Auctions: Multi-Eiendom Veiling
"Soos gewoonlik het ons eiendommark kopers en verkopers op die punt van hulle sitplekke gehou. Dit was 'n uitdagende rit, maar die jaar eindig, soos voorgespel, op 'n hoë noot," het Norman Raad, HUB van Broll Auctions and Sales, gesê. "Die aantal bywoners by ons veilings het met elke gebeurtenis gegroei; ons Oktober-veiling het byna geen staanplek gelaat nie – dit as gevolg van beleggers wat tot die besef gekom het dat daar ongelooflike waarde hieruit strek."
Veiling Hoogtepunte:
By die veiling in Pretoria is die historiese 58-kamer Colosseum Hotel, 'n ikoniese eiendom met enorme herontwikkelingspotensiaal vir studentebehuising en kommersiële ondernemings. “Hierdie perseel bied 'n geleentheid om 'n stukkie van Pretoria se geskiedenis weer te laat voortleef,” het Raad gesê.
'n Tans verhuurde, alleen-staande ShopRite 2 283m² kleinhandel-fasiliteit in Johannesburg se Cosmo City, geleë in 'n area wat alle bokse vir 'n suksesvolle kleinhandelbedryf afmerk, is ook op die veiling beskikbaar. "Eiendomme soos hierdie, met 'n primêre huurooreenkoms en huurderverbintenisse, kom selde op die veilingmark, want hulle is so gewild dat eienaars dikwels binne hulle netwerk verkoop. Die eienaar van hierdie eiendom wou dit op die ope mark aanbied om sodoende die werklike waarde te ontsluit."
In Ballito op die R102, is 'n hoekperseel in Northpoint, die Noordkus se grootste kommersiële distrik, op die mark. Die byna 14 000m² perseel is volledig gediens en gereed vir ontwikkeling, met 'n omheining rondom.
Warm Wes-Kaapse eiendomme op die mark:
'n Enkele verhuurde A-graad kantoorgebou in N1 City word aangebied, terwyl die SS Nassau-woonstelblok in Bellville, met grondvloer kleinhandelruimte, op die veiling beskikbaar is. "Geleenthede soos hierdie kom selde op die ope mark, veral in Kaapstad waar die mark baie warm is." Die ten volle verhuurde residensiële komponent het 'n waglys, terwyl die kleinhandelruimte een vakante plek het wat tans onder onderhandeling is.
Industriële eiendomme:
Grond in die hartjie van Midrand (Gauteng Industrial Park) is 'n uitsonderlike geleentheid vir beleggers en ontwikkelaars.
Verder in Johannesburg, 'n 8200m² industriële pakhuis in die gewilde Meadowdale Industriële gebied, met maklike toegang tot OR Tambo Internasionale Lughawe en snelweë, sal leeg verkoop word. "Hierdie eiendom is ideaal vir enige eienaar."
"Ons verwag om weer 'n groot skare te lok en sien daarna uit om talle suksesvolle transaksies af te sluit voor die einde van 2024," sluit Raad af.
Die veiling begin om 12:00 by die Wanderers Club in Illovo.
Meer besonderhede is beskikbaar op https://brollauctions.com/
soortgelykeARTIKELS
Soortgelyke artikles wat jy dalk weet will lees
Die WENNER van 'n R5000 Takealot-koopbewys !
Wilmari Senekal se pad tot sukses!
Vir Wilmari Senekal was die pad wat sy onlangs saam met ontbytSAKE en RugTeenRug...
Jou rug teen myne maak ons albei sterker!
Die RugTeenRug-inisiatief is ʼn platform wat goeie Afrikaanse musiek bevorde...