Lottoland ontbytSAKE Onderneming van die Jaar WENNERS
By ontbytSAKE gaan dit alles oor Ons Mense, Ons Besighede, Ons Trots en daarom is dit vir ons ‘n voorreg om klein- en medium sakeondernemings regoor die land te ondersteun en te vier!
Op Donderdag, 23 Oktober 2025, is die Lottoland ontbytSAKE Onderneming van die Jaar-toekennings by die Nederburg-wynlandgoed in die mooie Paarl gehou en is die volgende wenners in hul onderskeie kategorieë aangekondig …
- Beste Video-insetsel korter as 1 minuut: Home Meets Hotel
- Beste Video-insetsel langer as 1 minuut: Henwil Chickens
- Beste Ateljee-onderhoud: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees
- Beste Video-insetsel deur ‘n Agri-onderneming: Insect Science
- Beste Video-insetsel deur ‘n Vroue-onderneming: Ouma Rooi Koeksisters
- Beste Buitelug Reklamebord-advertensie: Bundutec
- Beste Digitale Media-plasing: Fujifilm SA
- Meeste kyke op Digitale Media: Carty Carvenience
- Uitstaan-oomblik: Anrich Herbst
- Gewildste Segment: weerSAKE
- Gunsteling Hoofgas: Hykie Berg
- Beste Onafhanklike Kunstenaar: Renaldo Alberts
- Beste Liedjie deur ‘n Onafhanklike Kunstenaar: Wilmari Senekal – Paaie
- Klein- tot MediumSAKE: Straight Line Tyres cc
- Medium- tot GrootSAKE: CSN – Christo Strydom Nutrition
- GrootSAKE: Laeveld Agrochem
- Spesiale Erkenning: King Price Insurance
- SAKEwinkel Wenner: Insect Science
- Algehele Wenner (Brons): Ouma Rooi Koeksisters
- Algehele Wenner (Silwer): Insect Science
- Algehele Wenner (Goud): Henwil Chickens
ontbytSAKE wens elkeen van hierdie wenners geluk met ‘n uitsonderlike prestasie en bedank daarby ook elke klein- en medium sakeonderneming wat in 2024 saam met ons ‘n pad gestap het. Julle is elkeen wenners in eie reg en ons is trots daarop om besighede wat werklik ‘n verskil maak, te ondersteun.
ONTHOU! Hoogtepunte van hierdie glansgeleentheid word 1 November 2025 om 07:30 op kykNET kanaal 144 uitgesaai. Skakel gerus saam met ons in. Rooitapyt- en “agter-die-skerms”-oomblikke sowel as foto’s van al die wenners is op ontbytSAKE se Facebook-blad onder ALBUMS geplaas. Gaan loer gerus daarna.
soortgelykeARTIKELS
Soortgelyke artikels wat jy dalk weet will lees