ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

Artikels

Omvattende artikels oor alles en nog meer.
Vang gerus hierso op met die mees onlangse nuus. Indien jy daarin belangstel om ń artikel op ons webwerf te publiseer, stuur gerus vir ons ń epos na:
adverteer@ontbytsake.co.za
of
info@ontbytsake.co.za

← Terug na Artikels
Article Image

ontbytSAKE se 26 REDES om GELUKKIG te wees in 2026!

By ontbytSAKE | Apr 21, 2026

Kom ons wees nou maar eerlik, die jaar voel vir sommiges van ons alreeds uitgerek en uitdagend. Vandag wil ontbytSAKE vir jou 26 redes gee om te glimlag.

 

Hier glo ons dat geluk om elke hoek en draai wag, jy moet net kies om daarvoor uit te kyk.

 

26 redes om gelukkig te wees in 2026:

  • 1. ontbytSAKE is al 26 jaar op die kassie
  • 2. Die Suid-Afrikaanse nasionale begroting is hierdie jaar betyds gelewer
  • 3. Daar is altyd ’n rede om oor ’n braai, ’n rugbywedstryd of ’n koppie koffie bymekaar te kom
  • 4. Morné Steyn het in die ontbytSAKE ateljee gekuier
  • 5. ’n Mens hoor nog gereeld iemand sê: “Ag shame” of “Eish”
  • 6. Peet en Mel Viljoen het hul rieme styfgeloop in Miami
  • 7. Die Proteas se sterk T20 Wêreldbeker-veldtog het ons weer laat glo dat “hierdie jaar dalk die jaar is”
  • 8. Suid-Afrika het groot vordering gemaak met ’n plaaslik vervaardigde bek-en-klouseer-entstof
  • 9. Ceylonia Bekker het amptelik by ontbytSAKE aangesluit as aanbieder
  • 10. ontbytSAKE het die #BitterLekker TOP 3 bekendgestel
  • 11. Helen Zille is hierdie jaar ’n ontbytSAKE hoofgas
  • 12. Leon Gropp se snor is al byna ’n karakter op sy eie
  • 13. Corli Prinsloo het die lekkerste Biltong en Kaas Paptert saam met ’n Lamb Champs lam bedien
  • 14. Vanes-Mari du Toit en die hoofafrigter van die Protea-netbalspan, Jenny van Dyk, het in die ontbytSAKE ateljee kom kuier
  • 15. ontbytSAKE is besig om 'n brug te bou tussen plaaslike ondernemings, die AI-gedrewe wêreld en buitelandse beleggers.
  • 16. ontbytSAKE is al 26 jaar op die kassie
  • 17. Dawie Roodt dra steeds twee verskillende kouse met elke program
  • 18. ontbytSAKE was deel van die Eleos Valentynsbal en Fondsinsameling
  • 19. Die internasionale kunstenaar, Loren Allred (die stem agter Never Enough), kom eksklusief na Suid-Afrika vir ontbytSAKE se 2026 Toekennings/Awards
  • 20. Minki van der Westhuizen is mede-MC by ontbytSAKE se 2026 Toekennings/Awards
  • 21. Daar is ten minste nog brandstof in Suid-Afrika
  • 22. ontbytSAKE en die “Groothond” het oor ditjies en datjies ge”praating”
  • 23. Sonder Charlene Lackay se ferm hand het die chaos in die ateljee al lankal oorgeneem
  • 24. Die hele wêreld het deelgeneem aan ChatGPT se karikature-trend
  • 25. Ons het mos al genoem dat ontbytSAKE vir 26 jaar op die kassie is neh?
  • 26. Oh ja, en ontbytSAKE is al vir 26 jaar op die kassie

 

Dit is nou eers middel April en ontbytSAKE het alreeds ’n hele paar #BitterLekker oomblikke en hoofgaste in die ateljee gehad. Dink net hoe groot gaan ons teen die einde van die jaar glimlag as ons so aanhou …

 

Indien jy enige van ons 2026-programme misgeloop het, besoek sommer NOU ons YouTube-kanaal en vang saam met ons op. KLIEK HIER: https://www.youtube.com/@ontbytsake

soortgelykeARTIKELS

Soortgelyke artikels wat jy dalk weet will lees

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late