ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

Artikels

Omvattende artikels oor alles en nog meer.
Vang gerus hierso op met die mees onlangse nuus. Indien jy daarin belangstel om ń artikel op ons webwerf te publiseer, stuur gerus vir ons ń epos na:
adverteer@ontbytsake.co.za
of
info@ontbytsake.co.za

← Terug na Artikels
Article Image

Swangerskap en Velsorg: Wat Elke Vrou Moet Weet

By BioMedical Emporium | May 12, 2026

Swangerskap is ’n tyd van groot verandering , nie net emosioneel en fisiek nie, maar ook vir jou vel. Terwyl baie vroue steeds hul gewone velsorgroetines volg, waarsku kenners nou dat sekere bestanddele in algemene skoonheidsprodukte moontlik risiko’s vir ’n ongebore baba kan inhou.

 

Volgens die biomediese wetenskaplike, Dr. Judey Pretorius, moet swanger vroue baie meer bewus wees van wat hulle op hul vel aanwend. Sy verduidelik dat die vel ’n hoogs absorberende orgaan is, wat beteken dat sekere bestanddele deur die vel in die bloedstroom kan beweeg.

 

“Baie mense besef nie dat produkte wat op die vel gebruik word, soortgelyk aan voedsel of medikasie behandel moet word tydens swangerskap nie,” sê sy. “Wat jy op jou vel sit, kan moontlik jou baba beïnvloed.”

 

Van die bestanddele wat die meeste kommer wek, is retinol en ander retinoïede – gewilde anti-verouderingsbestanddele wat in baie serums en nagrome voorkom. Hierdie bestanddele nie aanbeveel tydens swangerskap nie, aangesien dit vitamien A-vlakke in die liggaam kan verhoog, wat met ontwikkelingsprobleme verbind word.

 

Nog ’n bestanddeel wat met omsigtigheid benader moet word, is salisielsuur, wat algemeen in akneeprodukte voorkom. Hoewel klein hoeveelhede in afwasprodukte soms as veilig beskou word, bly daar onsekerheid oor hoër konsentrasies, veral in produkte wat lank op die vel bly.

 

Kojiensuur,  wat dikwels gebruik word om pigmentasie en donker kolle te behandel, is nóg ’n bestanddeel wat onder die vergrootglas is. In plaas daarvan stel kenners veiliger alternatiewe soos vitamien C voor, wat steeds ’n helder, egalige gloed aan die vel kan gee.

 

Benewens hierdie bekende bestanddele, waarsku kenners ook teen sintetiese geure, aggressiewe reinigers en sogenaamde “endokriene ontwrigters” – chemikalieë wat die liggaam se natuurlike hormonale balans kan beïnvloed.

 

Vir verwagtende mammas beteken dit egter nie dat hulle hulself moet afskeep nie. Inteendeel – die geheim lê in eenvoud. ’n Sagte, geurvrye reiniger, ’n goeie bevogtiger en ’n eenvoudige roetine kan baie meer doen as ’n rak vol aktiewe produkte. Soos BioMedical Emporium se Maternology – Reeks.

 

Dr. Judey raai vroue aan om altyd bestanddelelyste noukeurig te lees en nie net op etikette soos “natuurlik” of “organies” staat te maak nie. Sy beklemtoon ook die belangrikheid daarvan om professionele advies in te win wanneer daar onsekerheid oor ’n produk bestaan.

 

“Swangerskap is nie die tyd om met nuwe aktiewe bestanddele te eksperimenteer nie,” sê sy. “’n Veilige, eenvoudige benadering gee gemoedsrus en ondersteun beide ma en baba se welstand.”

 

Uiteindelik gaan dit nie oor vrees nie, maar oor ingeligte keuses. In ’n tyd waar elke besluit saak maak, behoort velsorg ook deel van ’n gesonde swangerskapsgesprek te wees.

soortgelykeARTIKELS

Soortgelyke artikels wat jy dalk weet will lees

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late