Wilmari Senekal se nuwe enkelsnit, "Paaie"
"PRE-SAVE" Wilmari Senekal se nuwe enkelsnit, "Paaie," hier: https://ditto.fm/wilmari_senekal_paaie
Wilmari Senekal is 'n sangeres en liedjieskrywer van Pretoria wat vanaf sesjarige ouderdom reeds professionele sanglesse by haar ouma, Louise Senekal, ontvang het. Vir Wilmari is die verhoog haar ‘happy place’ en ’n integrale deel van haar lewe en daarom is sy trots om deel te vorm van RugTeenRug as ’n platform vir Afrikaanse, onafhanklike kunstenaars.
Wilmari Senekal se reis saam met RugTeenRug
RugTeenRug is ’n ontbytSAKE-inisiatief, ‘n MusiekFamilie en ‘n platform wat aan opkomende, onafhanklike kunstenaars die nodige blootstelling bied om ’n naam in die musiekbedryf te maak.
“Die RugTeenRug platform bied vir my as ‘n onafhanklike kunstenaar, die geleentheid om my musiek suksesvol te versprei. Ek kry die voorreg om deel te wees van BitterLekker vertonings, sosiale media blootstelling en onderhoude op ontbytSAKE,” is Wilmari se kommentaar oor die pad wat sy saam met RugTeenRug stap.
Wegspring-punt
Wilmari wou graag na skool ‘n loopbaan in musiek volg, maar moes eers die lewe toelaat om sy draaie te maak en het daarom in Maart 2024 aangesluit by RugTeenRug. Juis daarom kan sy vandag haarself vereenselwig met die titel van haar lied. ontbytSAKE en RugTeenRug het op sosiale media ’n liedjieskryf-kompetisie geloots waar deelnemers ’n liedjie vir Wilmari kon skryf en toonset. Wynand de Jonge, die skrywer van “Paaie,” asook die wenner van hierdie kompetisie het met ’n kontantprys van R 30,000 weggestap.
Pitstop
“Paaie” is daarna deur Danny Smoke opgeneem en vervaardig terwyl die musiekvideo deur Dee Graaff verfilm is.
Die bestemming
Wilmari droom daarvan om eendag op hoofverhoë te sing en om te hoor hoe die gehoor haar woorde uit volle bors kan saamsing. “Ek dink dis ‘n hoendervleis oomblik!” Verder sien Wilmari uit na die BitterLekker Weskus Toer saam met Posduif wat in Desember voorlê.
Louis McLaren, Uitvoerende Vervaardiger van ontbytSAKE en RugTeenRug, dink Wilmari sal nog baie meer bereik: “RugTeenRug is ‘n platform vir onafhanklike kunstenaars, soos Wilmari, wat die vermoë het om by ‘n gehoor aanklank te vind en ’n sukses-verhaal van hulle eie in die musiekbedryf te skryf.”
Hoogtepunte
- Uitvoerende Vervaardiger: Louis Mclaren
- Liedjievervaardiger: Danny Smoke
- Musiekvideo: Dee Graaff Production
- Liedjieskrywer: Wynand de Jonge
- Fotografie: Gerduan Kemp en Rooi Rose
- Grimering: Louise Volschenk van Halouw Academy
- Hare: Simone Swanepoel
- Alle regte: B4i Productions (Pty) Ltd
- Stilering: Mienke Ehlers
- Stel: FlySafair
Met trots vrygestel deur:
in samewerking met
Produksies
en
soortgelykeARTIKELS
Soortgelyke artikles wat jy dalk weet will lees
Die WENNER van 'n R5000 Takealot-koopbewys !
Wilmari Senekal se pad tot sukses!
Vir Wilmari Senekal was die pad wat sy onlangs saam met ontbytSAKE en RugTeenRug...
Jou rug teen myne maak ons albei sterker!
Die RugTeenRug-inisiatief is ʼn platform wat goeie Afrikaanse musiek bevorde...