25 Jaar Ontbytsake

OOR

ontbytSAKE is kykNET se tweede oudste kuier- en sakeprogram en op 4 April 2025 het ontbytSAKE 25 jaar op die kassie gevier! Met die leuse “Nou Net Vorentoe” word hierdie silwer herdenking met ’n vars visie gevier, een wat ook in die moderne voorkoms van ontbytSAKE se nuwe stel neerslag vind.

ontbytSAKE se aanbieders is die spitsvondige ekonoom, Dawie Roodt, die beelskone, Charlene Lackay, die talentvolle, Corli Prinsloo, die musikant, Leon Gropp, en die meteoroloog, Anika de Beer.

In 2021 vier ontbytSAKE sy 1000ste program - ’n mylpaal wat nie elke dag gebeur nie en slegs moontlik is as ’n ongelooflike groep mense saamwerk.

Hierdie gewilde oggendprogram op kykNET en kykNET & Kie (kanaal 144 & 145) op DStv, fokus daarop om aan klein- en medium- sakeondernemings nasionale televisieblootstelling te gee. Daarom is ontbytSAKE al vir die afgelope vyf-en-twintig-jaar ’n onmisbare deel van baie mense, regoor die uithoeke van Suid-Afrika en Namibië, se naweek-oggendroetine.

Aan die einde van 2021 het die stigter van die ontbytSAKE -wenresep, Johann Joubert, afgetree en vandag is die program deel van The B4i Project se filiaal, B4i Productions, met uitvoerende vervaardiger, Louis McLaren.

ontbytSAKE se logo is verander om die fokus meer op ‘SAKE’ te laat val, wat dan verskillende segmente soos leefstylSAKE, vroueSAKE, ekonomieseSAKE, finansiëleSAKE en soveel meer, insluit.

Jy kan uitsien na in-diepte paneel-besprekings rondom die SAKEfokus met kundiges uit die besigheidswêreld en entrepreneursbedryf wat sakeondernemings en tendense van KMO’s bespreek en raad gee.

Skakel saam met ons in! Ons belowe ’n Saterdagoggend van lekker-lag, saam-gesels, sake en vooruitgang.

ontbytSAKE – Ons Mense, Ons Besighede, Ons Trots!

ontbytSAKE is 'n gewilde program wat fokus op klein- en medium- sakeondernemings regoor die land.

ontbytSAKE is 'n gewilde program wat fokus op klein- en medium- sakeondernemings regoor die land.

WAT OM TE VERWAG?

'n Bietjie van alles – van nuusSAKE, landbouSAKE, ekonomieseSAKE, leefstylSAKE, kultuurSAKE, SAKEfokus, kuierSAKE en SOVEEL MEER!

Aangebied deur Dawie Roodt, Charlene Lackay, Corli Prinsloo, Leon Gropp en Anika de Beer.

kykNET

(Kanaal 144)

  • Saterdag 07:30 tot 09:00
  • Sondag 07:30 tot 09:00
  • Dinsdag 13:00 tot 14:30
  • Donderdag 13:00 tot 14:30
kykNET en Kie

(Kanaal 145)

  • Saterdag 08:30 tot 10:00
  • Sondag 06:00 tot 07:30
  • Dinsdag 11:30 tot 13:00
  • Donderdag 11:30 tot 13:00

Dawie Roodt

Dawie Roodt is ontbytSAKE se anker-aanbieder sedert die eerste episode in 2000 uitgesaai was. Hy is 'n welbekende ekonoom wat gereeld in die media aangehaal word oor verwikkelinge op die ekonomiese front. Hy is bekend daarvoor dat hy moeilike ekonomiese begrippe maklik verstaanbaar kan maak vir leke. Dawie is ook besonder uitgesproke oor ekonomiese kwessies en gee nie om om die hoogste gesag van die land aan te vat wanneer dit daarby kom nie.

Dawie is 'n opregte Laevelder, gebore in die destydse Warmbad en het grootgeword in Tzaneen in Limpopo. Hy het sy BCom en BCom honneursgrade deur Unisa verwerf terwyl hy in die weermag was. Daarna het hy sy meestersgraad in Ekonomie met lof by RAU (nou UJ) verwerf.

Sy eerste werk was as 'n rekenmeester by AVBOB en daarna as interne ouditeur by Trustbank, waarna hy as ekonoom by die Reserwebank begin werk het. Hy was ook al Ekonomiese redakteur van 'n finansiële tydskrif en het vir 'n aantal aandelemakelaars gewerk. Dawie is vandag 'n direkteur en die hoofekonoom van 'n genoteerde maatskappy, Efficient Group, waarvan hy 'n stigterslid is wat verlede jaar hulle 20ste verjaardag gevier het.

Dawie is 'n avonturier en 'n bok vir sports. Hy doen graag uithou-wedrenne oor die wêreld heen en het al aan die Baikal-ysmarathon in Rusland deelgeneem, Kilimanjaro geklim en saam met die olifante in Botswana fiets gery.

Op 'n persoonlike vlak, is Dawie getroud met Marina en hulle het 'n tweeling dogtertjies, Daria en Yulia. Hy het ook 'n dogter, Danielle en seun, Kristoff, uit 'n vorige huwelik en is al 'n oupa ook.

By ontbytSAKE is Dawie die een wat daardie ekstra bietjie pret aan die program verskaf. Hy is nie bang om iets nuuts te probeer nie en dis altyd lekker om te sien hoe Dawie gaste kan laat ontspan en uit hulle kassie laat klim. Dawie is 'n mense-mens met 'n opgewekte persoonlikheid en 'n energie wat aansteeklik is.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late