Verbeter jou kundigheid en vaardighede
Soos Malcolm X dit gestel het - onderwys is die paspoort na die toekoms, en daarom moet jy jou kennis verbreed en nuwe vaardighede aanleer. ‘n Wyse persoon besef dat leer 'n lewenslange reis is. Ons leef in ‘n era waar inligting onmiddelik beskikbaar is en voortdurend verander. Wie nie aanpas nie, bly agter. Daarom is dit belangrik dat jou kennis en vaardighede relevant bly. iQ Academy bied presies wat jy nodig het om dit te bereik. Van kort kursusse tot geakkrediteerde hoërsertifikaatkursusse wat jou vaardighede sal verbeter en jou 'n mededingende voorsprong in die werksomgewing sal gee.
Omring jouself met eendersdenkende mense
Daar is 'n ou gesegde wat lei: “Wys my jou vriende, en ek sal vir jou jou toekoms wys.” Indien jy suksesvol wil wees, moet jy jou omring met mense wat eenders dink oor die toekoms — mense met 'n positiewe ingesteldheid en houding. Dit mag jou noodsaak om nuwe vriende en mentors te vind. Soek doelbewus mense wat gedrewe is om sukses te behaal. Nog beter, vind mense wat selfs groter dink as jy en leer by hulle.
Pas jou ingesteldheid aan
Om suksesvol te wees, verg verandering, en verandering verg dikwels opofferinge. Indien jy afstandsonderrig of tuisstudie aanpak, benodig jy toegewydheid en dissipline. Dit mag beteken dat jy minder tyd tot jou beskikking het om jou gunsteling reeks te kyk of sosiale byeenkomste by te woon. Jy moet dalk selfs ook jou begroting aanpas om jou studies te finansier. Maar wees verseker, hierdie opofferinge gaan die moeite werd wees. Soos Colin Powell gesê het: “Daar is geen geheime vir sukses nie. Dit is die uitkoms van voorbereiding, harde werk en om te leer uit mislukkings.”
Neem die volgende stap met iQ Academy
Sukses is nie 'n geheim nie - dit is 'n formule van voorbereiding, harde werk en volgehoue leer. By iQ Academy verstaan ons dat die bereiking van jou doelwitte beide toewyding en die regte hulpmiddels vereis. Daarom is ons mobiele leerplatform, toonaangewende kurrikulums en buigsame betalingsplanne ontwerp vir mense soos jy - ‘n visioenêr wat bereid is om die pad na 'n blink toekoms aan te durf. Of dit nou is om jou vaardighede te verbeter, jouself met sukses-gedrewe individue te omring, of jou ingesteldheid aan te pas sodat jy jou doelwit kan bereik, iQ Academy bied die buigsaamheid en ondersteuning aan wat jy nodig het om studies in jou besige lewe in te pas. Binne net ses maande of minder kan jy die praktiese vaardighede aanleer wat jy benodig om mededingend te bly en in die werksplek te floreer. En met die mees bekostigbare kort kursusse en kwalifikasies in Suid-Afrika, maak iQ Academy kwaliteit onderwys toeganklik vir almal. Begin jou reis met iQ Academy vandag en bereik jou drome!