25 Jaar Ontbytsake

projekSake

ontbytSAKE is betrokke by heelwat feeste, geleenthede en toekennings deur die jaar soos Innibos, Aardklop, Veritas en Terroir wyntoekennings.

ontbytSAKE | Onderneming van die Jaar 2025

✨👏🏼 Onderneming van die Jaar 2025 👏🏼✨

Alicia Potgieter, ontbytSAKE se Uitvoerende Projekbestuurder, gesels oor die FINALISTE van Onderneming van die Jaar 2025 wat onlangs aangekondig is en gevind kan word op ontbytSAKE se webwerf onder ARTIKELS. Aan al die finaliste is daar ook kommunikasie uitgereik rakende die bevestiging van geregistreerde handelsname - reageer asb op hierdie kommunikasie sodat ons die korrekte inligting het.

“Ons is tans besig met die beoordeling van die finaliste en die voorbereiding vir die glansgeleentheid wat op 23 Oktober 2025 by Nederburg plaasvind,” sê Alicia. 

Daar is ń beperkte aantal kaartjies vir hierdie geleentheid op ontbytSAKE se Kaartjies Kamer asook op Tixsa beskikbaar. Kaartjies kan vanaf 28 Augustus gekoop word. Wat kan van 2025 se Onderneming van die Jaar verwag word?🍷 Wen-wyne, vermaak en feesviering … GROTER en BETER as ooit! 🏆🥇

Weereens baie geluk aan al ons FINALISTE! Hierdie is ń ongelooflike prestasie en ons daag elkeen van julle uit om hierdie geleentheid te VIER. Nooi jou familie, vriende en sakevennote uit om die geleentheid saam met jou te GENIET!

ontbytSAKE Ons Mense. Ons Besighede. Ons Trots. 

Artikel

Plantland: Vir al jou tuinmaakbehoeftes en soveel meer!

Geskryf deur
ontbytSAKE

Plantland: Vir al jou tuinmaakbehoeftes en soveel meer!

“Plantland: Inspirasie, plante en toerusting vir elke tuinier”

kykSAAM

As beurtkrag jou kniehalter om Saterdae te kyk, daar is heelwat herhalings van die program op kykNET en kykNET & kie en ons YouTube kanaal.

Plantland Tuinsentrums is ’n lushof vir tuiniers en is gevul met kleur, inspirasie en alles wat ’n tuiniers nodig het om hul eie pragtuin te skep.

 

Daar is vier Plantland Tuinsentrums geleë in Akasia, Cornwall Hill, The Wilds en Menlyn in Pretoria. Elke tak bied ’n omvattende versameling van toerusting, plante en kundige advies, en die plante word keurig voorgestel in verskillende milieus om ook te dien as inspirasie vir binne- en buitetuine.

 

Plantland is ’n trotse familiebesigheid sedert Danie Malan sy eerste tak meer as 100 jaar gelede geopen het. Dit is dus geen verrassing nie dat kliënte soos familie behandel word en sommer vinnig deel voel van die Plantland familie.

 

Plantland se vriendelike span kundiges is altyd beskikbaar, en alle plante en produkte kan ook aanlyn by www.plantland.co.za besigtig en bestel word. Die groep lewer regoor Suid-Afrika aan tuiniers af.

 

Vir diegene wat Plantland digitaal besoek, is daar ’n legio interessante en inspirerende idees op die groep se sosiale kanale. Volg gerus @plantlandgardencentre op Facebook en Instagram vir tuinmaak-inspirasie en bly op die hoogte van die nuutste aanbiedinge.

Kyk saam met ontbytSAKE hoe vandag se projekSAKE ander SAKE beinvloed.

Vind meer uit oor ander SAKE en sien waarmee ontbytSAKE besig is.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late