Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
4 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 30 Minute
Voorbereiding Tyd: 30 Minute
Bedien: 4-6 mense
1 botteltjie Shakshuka (koop dit in ‘n winkel)
2 t sout, plus ekstra vir eiers
1/2 k gekapte vars, platblaar pietersielieblare
2 pakke klaar-gemaakte frikkadelle
As jy die frikdadelle self maak, volg die resep:
5 knoffelhuisies, fyn gekap
1/2 t gemaalde komyn
Peper, na smaak
1/4 k Kellogg’s broodkrummels
2 kg gemaalde lam, beesvleis, of 'n kombinasie van albei
Opsioneel, kan jy 1 eier byvoeg om balle fermer te maak.
6 groot eiers, vir bo-op die vleis as garnering
Wenk:
Indien jy ‘n fermer frikkadel wil hê, kan jy een eier by die broodkrummels voeg.
Jy kan ook klaar-gemaakte rou frikkadelle koop in die winkel.
METODE:
Verhit Shakshuka sous met 1/2 koppie water oor lae hitte in 'n tagine of oondbak.
In ’n mediumbak, kombineer sout, pietersielie, knoffel, komyn, peper en panko.
Voeg lam of beesvleis by en meng goed.
Vorm in frikkadel-balle, ongeveer 2-3 cm in deursnee.
Voeg dit by Shakshuka-sous.
Verhoog hitte tot medium, roer af en toe, om te verhoed dat dit skroei.
Kook 25 tot 30 minute tot frikkadelle gaar is.
Breek eiers in 'n klein bakkie, een op 'n slag.
Maak 'n holte in die sous en skuif die eiers een vir een in die holtes.
Bedek en kook 5 tot 10 minute tot eiers gaar is na jou smaak.
Sit warm voor saam met Marokkaanse brood of pita. Garneer met Italiaanse pietersielie.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024