Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
3 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 30 Minute
Voorbereiding Tyd: 30 Minute
Bedien: 6 mense
Boereworsstokkies:
1 pakkie Royco Spare Rib Droë Marinade
250 g Portaballini sampioene
250 g halfgedroogde, sagte appelkose
300 - 500 g boerewors, in 2-3 cm stukke gesny
20 sosatiestokkies, geweek in water vir 20 minute
Chakalaka:
1 blikkie Chakalaka (Die geur van jou keuse)
1 blikkie tamaties
2 E blatjang
2 E Worcestersous
Sout en peper na smaak
2 t bruinsuiker
30 – 60 ml room
1 t gemengde kruie
Pap:
Water
Sout na smaak
“Sweetcorn” (opsioneel)
125 ml Kondensmelk (opsioneel)
METODE:
Chakalaka:
Gooi al die bestanddele vir die chakalaka in pot en laat vir ongeveer 10 minute op lae hitte prut.
Pap:
Berei die pap voor soos jy dit normaalweg sou doen.
Worsstokkies:
Berei Royco Spare Rib Droë Marinade volgens die pakkie se instruksies.
Voeg sampioene en appelkose by en laat marineer vir 20 minute.
Ryg 'n sampioen, 'n appelkoos en 'n stukkie boerewors op elke stokkie.
Plaas al die stokkies in 'n oondbak en rooster in die oond vir 15 minute, of braai oor kole, bedruip met die marinade en draai 'n paar keer om terwyl dit gaar word.
Geniet as 'n versnapering voor die hoofmaaltyd of saam met die pap en sous!
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024