smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Tahini-Pasta

1 maand gelede

Tahini-Pasta

Kook/Bak Tyd: 20 minute

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

Bedien: 6 mense

1 x 500 g pakkies pasta, enige vorm of soort van jou keuse

Garnering: 
vars pietersielie of basiliekruid
rooipepervlokkies of ‘chili crisp’
geroosterde sesamsaad
dennepitte en suurlemoenskil

Broccoli (blansjeer en rooster in die oond of braai in ’n pan met botter vir ekstra geur)
Halloumi-kaas (sny in blokkies en braai in pan met botter tot goudbruin)

Vir die Tahini-sous:

1/2 koppie Tahini
125 ml vars room 
1/4 k voedingsgis
3 E vars suurlemoensap (ongeveer sap van 1 suurlemoen)
2 E ekstra suiwer olyfolie of avokado-olie
2 E appelasyn
2 E tamari of sojasous
1 t maple-stroop, opsioneel
1/2 t knoffelpoeier
1/2 t uiepoeier
1/4 – 1/2 k water (hoeveelheid sal afhang van hoe dik Tahini is)
sout en peper, na smaak

 

METODE:

Bring 'n groot pot soutwater tot kookpunt en kook die pasta volgens die pakkie se aanwysings. Maak seker dat jy ongeveer 1 koppie van die pasta se kookwater hou voordat jy die pasta dreineer.

Maak Tahini-sous: 
Terwyl die pasta kook, klits al die Tahini-sousbestanddele in 'n bak saam tot glad en romerig (of gebruik 'n stokmenger of voedselverwerker). 
Voeg net genoeg van die water by om ’n gladde, romerige sous te vorm (hoeveelheid sal afhang van die dikte van die Tahini wat gebruik word).

Voeg die gedreineerde pasta by die Tahini-sous om eweredig te bedek. 
Voeg van die pastawater geleidelik by tot jy 'n romerige, gladde sous oor die pasta het.
Voeg die broccoli en halloumi-kaas ook in die pasta en hou paar ekstra vir bo-op as garnering. 

Sit die pasta dadelik voor (die sous sal verdik soos dit afkoel). 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late