smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Knoffel & Parmesaan Gebakte Koningklip met Rys en Aspersies

3 weke gelede

Knoffel & Parmesaan Gebakte Koningklip met Rys en Aspersies

Kook/Bak Tyd: 20 minute

Voorbereiding Tyd: 15 Minute

Bestanddele

Bedien: 4 mense

Bolaag:
¼ k sagte botter
¼ k mayonnaise
½ k vars gerasperde Parmesaankaas
2 E groen ui, fyn gekap
4-6 knoffelhuisies, fyn gedruk
Paar druppels Tabasco, groen of rooi
Sout en peper, na smaak
½ suurlemoen se sap
Gekapte pietersielie

4 groot, dik stukke Koningklip-vis

Gaar rys van jou keuse

Groen groente van jou keuse: 
(blansjeer of braai in pan met bietjie botter, sout en peper)

Aspersies
Brocolli
Boontjies
Ertjies

 

METODE:
Voorverhit oond tot 230 grade. 
Geur die vis  met sout, peper en suurlemoensap. 
Plaas visfilette in 'n oondbak. 
Bak vir 8 minute, afhangende van dikte. 

Meng al die bolaag-bestanddele saam in mengbak. 
Verwyder die vis uit die oond en smeer Parmesaanmengsel bo-oor en aan die kante van die stukke vis. 
Draai oond op roosterfunksie en rooster vir 3-5 minute tot die bokante lig tot goudbruin is. 
Sit dadelik voor saam met rys en groente.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late