Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 3 ure
Voorbereiding Tyd: 20 Minute
1 kg lamsvleis, verkieslik klein lamskenkels
160 ml groente of olyfolie
2 uie, in kwarte en in dun skywe gesny
3 kaneelstokkies
2 steranys
2-4 kardemom
4 lourierblare
2 takkies kerrieblare
4 t vars gemmer en knoffel
4 E Masala
1 t borrie
2 t Garam Masala
1 t gemaalde vinkelsaad
1 blikkie tamaties
4 aartappels in mediumgrootte blokkies gesny of baba aartappels sout en peper na smaak
1/2 t suurlemoenskil
1 1/2 k water
1/2 k klappermelk
METODE:
Verhit olie, voeg kaneelstokkie, kardemon, steranys en lourierblaar by.
Braai vir 'n paar minute totdat dit geurig is.
Voeg ui en kerrieblare by.
Sodra ui deurskynend en effens bruin is, voeg die vars gemmer, knoffel en borrie by.
Braai vir 'n minuut.
Voeg Masala, borrie en garam masala by en braai vir nog 'n minuut. Dit sal 'n lekker dik pasta vorm. Voeg 'n paar druppels water by indien nodig.
Voeg die lam by, braai en meng goed.
Hou die pot oop en laat kook vir 10 tot 15 minute op medium hitte.
Dit is waar die speserye regtig in die vleis intrek, so moenie hierdie stap oorslaan nie.
Voeg tamaties by, geur met sout en peper en bedek en laat kook tot sous begin verdik.
Voeg die aartappels by die vleis en laat dit vir hele paar minute kook, wees versigtig dat dit nie aanbrand nie.
Voeg 'n koppie water by.
Jy kan minder water byvoeg as jy nie te veel sous wil hê nie en as jy baie sag, gaar aartappels gebruik.
Voeg die klappermelk en gekapte pietersielie by.
Soms kook die aartappels redelik vinnig en sou jou sous teen daardie tyd nie verdik het nie, wat jou met 'n waterige kerrie laat, draai die hitte af na 'n lae stelling en laat jou kerrie kook totdat sous dik en die aartappels sag is.
Hoe langer die pot kook hoe lekkerder die geure.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024