Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
1 week gelede
Kook/Bak Tyd: 10 minute
Voorbereiding Tyd: 10 Minute
Bedien: 6-8 mense
500 g garnale, skoon gemaak, geskil en sterte verwyder
1 x vars suurlemoen
Sout en peper na smaak
Gekapte Pietersielie
Botter
Kraakvars slaaiblare
1 avokado, in repies gensy
1 pakkie rosa tamaties, in helftes gesny
4 - 5 gekookte eiers
1 rooi ui, in repies gesny
pers en groen olywe
groenboontjies
baba aartappels
gekapte pietersielie
METODE:
Braai die garnale in ’n pan met ’n bietjie botter, sout, peper en ‘n paar druppels suurlemoensap.
Braai die boontjies ook in ‘n pan met botter, sout en peper. (Dit moet steeds krakerig wees.)
Sny die baba-aartappels in die helfte, kook sag en bedek met sout, peper en olyfolie en laat rooster dit in die oond tot goudbruin.
Laat die aartappels en boontjies afkoel tot kamertemperatuur.
Intussen kan jy solank die ander bestanddele vir die slaaibord sny.
Pak die bord met elke bestanddeel apart bymekaar. (Daar is nie ‘n regte of verkeerde manier nie.)
Bedien die slaai met ‘n slaaisous van jou keuse. (Ek het die sitrus slaaisous van Woolies gebruik.)
Nota: Jy kan enige van die bogenoemde bestanddele vervang met jou eie voorkeure.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024