Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
3 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 30 Minute
Voorbereiding Tyd: 10 Minute
Bedien: 4 mense
Vir die Varktjops:
1 E olyfolie
Sout en peper, na smaak
1 t paprikapoeier
4 varktjops
3/4 k Hellmann's Tangy Mayonnaise
3/4 k Chutney
½ pak bruin uiesop
1 k water
Vir die Baba-aartappels:
1 pakkie baba-aartappels (dié wat reeds voorberei is met ‘n balletjie botter in die pakkie)
1/3 k Hellmann's Creamy Mayonnaise
1/3 k gerasperde parmesaankaas
Sout & peper, na smaak
Groenboontjies:
1 pakkie groenbone
2-3 wiele gewone feta (opsioneel)
1 rooi ui, in repies gensy
100 g pekanneute (opsioneel)
1 - 2 E botter
METODE:
Vir die Varktjops:
Voorverhit die oond tot 180 - 200 °C en smeer ’n groot oondbak.
Verhit bietjie olie in 'n pan oor hoë hitte.
Geur die varktjops met paprika, sout en peper en braai in 'n warm pan vir 1½ minute aan 'n kant tot goudbruin. Braai vir 1 minuut aan die vetkante ook.
Klits die Hellmann's Tangy Mayonaise, blatjang, bruin uiesop en water in 'n groot bak saam en gooi oor die varktjops.
Bak vir ongeveer 30 minute tot die sous effens verminder is en bo-op begin borrel en die vark goudbruin en gaar is.
Vir die Baba-aartappels:
Gebruik die baba-aartappels wat reeds in pakkies voorberei is, met die balletjie botter en kruie.
Laat stoom dit in die pakkie in die mikrogolf tot gaar.
Verwyder uit die pakkie en gooi dit op ‘n bakplaat met bakpapier.
Gebruik ‘n aartappeldrukker en druk die aartappels so effens plat.
Geur met sout en swart peper.
In ‘n aparte bak, meng die mayonaise, parmesaankaas en opgekapte pietersielie.
Skep ‘n teelepel bo op elke platgedrukte aartappel.
Plaas in die oond en rooster tot goudbruin.
Groenboontjies:
Gebruik ‘n braaipan smelt die botter en braai die rooi uie effens.
Voeg die boontjies by en braai ook tot gaar.
Sit die plaat af en voeg die blokkies gesnyde feta en pekanneute ook in die pan.
Om te bedien:
Plaas al die elemente op mooi bord en garneer met gekapte pietersielie of mikro-blare.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024