25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Beesstert-Ragu Pasta

4 maande gelede

Beesstert-Ragu Pasta

Kook/Bak Tyd: 2 tot 3 ure

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

2 kg beesstert
Olyfolie
1 ui, fyn gekap 
2 - 4 wortels, in ringe gesny
2 seldery-stokkies, fyn gekap
1 t vars knoffel
1 t vars gemmer
Sout en peper na smaak
1 blikkie tamatie
2 E tamatiepasta
Sap van 1/2 suurlemoen
1 k rooiwyn
1 k beesaftreksel
30 ml Worcestersous
3-4 E blatjang
Braaispeserye, na smaak
1/2 t komyn
1/2 t kaneel
1/2 t neutmuskaat
1/2 t origanum
1 pakkie bruin uiesop
Gekapte pietersielie
1 x 500 g pasta van jou keuse
Gerasperde parmesaankaas
Basiliekruidblare

 

METODE:
Jy kan die beestert in die oond gaarmaak. Ek verkies om dit in die elektriese stoompot te doen. 
Braai die uie, seldery, knoffel, gemmer en wortels in die pot, met olyfolie of botter.
Verbruin ook die beesstert in die pot of in ‘n aparte pot en plaas dit daarna net terug in die stoompot. 
Voeg al die ander bestanddele in die elektriese stoompot by.
Die elektriese stoompot kan nou op 45 minute gestel word.
As jy die stoompot oopmaak, behoort dit doeksag te wees en van die beentjies af te val. 
Ontbeen die vleis en hou dit eenkant in ’n bak. 
Laat die sous van die vleis effe afkoel en gebruik ‘n stokmenger of sit dit in jou voedselverwerker en meng tot glad. 
Hou eenkant vir die pastasous.
Kook jou pasta tot al dente, gooi die water af en spoel dit skoon met warm water. 
Jy kan die vleis weer warm maak in ’n pan en dan voeg jy van die sous by soveel soos jy verkies. 
Laastens voeg jy die pasta, ‘n spatsel room en handvol pietersielie by. 
Meng goed deur en bedien in mooi bord.
Garneer met pietersielie, parmesaankaas en basiliekruidblare. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late