smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Geroosterde Witvis met Pynappel & Avo Salsa

1 maand gelede

Geroosterde Witvis met Pynappel & Avo Salsa

Kook/Bak Tyd: 15 Minute

Voorbereiding Tyd: 20 Minute

Bestanddele

Bedien: 6 mense

6 ontbeende en vellose witvisfilette (Stokvis)
Sout en peper na smaak
200 g botter, gesmelt
Vars knoffel
Pietersielie, fyn gekap

Salsa:
1 x pynappel, geskil en in skywe gesny
Cajun speserye
Olyfolie
1-2 x avokado’s, in blokkies gesny
½ rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
3-4 groenrissies, in repies gesny
Handvol gekapte pietersielie of koljanderblare
Sap van ‘n halwe suurlemoen

Rys:
Klappermelk (Vervang 1-2 koppies water met klappermelk) 

Garnering:
Vars koljander/ gekapte pietersielie
Mikroblare

 

METODE:
Plaas die vis in ‘n oondpan op foelie en stel jou oond dat dit 180 grade bereik. 
Laat smelt die botter in ’n glasbakkie en voeg vars knoffel, pietersielie en suurlemoensap by. Gooi bo-oor die vis en geur met sout en peper na smaak. 
Plaas in die oond op 180 grade vir ongeveer 15-20 minute of tot vis goudbruin en gaar is.

Vir die Salsa:
Braai eerste die pynappelskywe in ‘n bietjie olie en strooi Cajun speserye na smaak bo-oor. Sodra die pynappel afgekoel is, sny in klein blokkies.
Sny al die res van die bestanddele en voeg by die pynappel in ’n glasbak. 
Meng goed deur en onthou die suurlemoensap vir jou avokado. 
Geur met sout, peper en olyfolie, na smaak. 

Kook die rys volgens jou normale metode, maar vervang een koppie water met een koppie klappermelk. 

Dien in mooi bord op en garneer met mikroblare of ekstra koljanderblare.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late