Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
1 maand gelede
Kook/Bak Tyd: 20 minute
Voorbereiding Tyd: 15 Minute
Bedien: 8 mense
1 kg pasta, enige tipe
6 - 8 groot hoenderborsies sonder been
4 E olyfolie
6 knoffelhuisies, fyn gekap
1 klein ui, fyn gekap
160 g (2/3 k) basiliekruidpesto
200 ml (2/3 k) varsroom
200 ml (2/3 k) groenteaftreksel, gemaak met 'n aftrekselblokkie of sakkie
6 E okkerneute, grof gekap
2 balle mozzarella, geskeur
2 bossies basiliekruid, grof gekap
100 g (1 k) parmesaankaas, gerasper
Sout en peper, na smaak
METODE:
Kook die pasta volgens die instruksies. Dreineer en hou eenkant.
Berei die hoender voor:
Plaas die hoenderborsies tussen twee velle bakpapier. Stamp met 'n deegroller tot eweredig dun. Geur met sout en peper.
Verhit die olyfolie in 'n kleefvrye braaipan oor matige hitte.
Sodra die olie warm is, plaas die hoenderborsies daarin en braai tot gaar en hoender goudbruin is, ongeveer 5-7 minute aan elke kant. Haal uit die pan en hou eenkant.
Maak die sous:
Voeg die fyngekapte knoffel en uie in dieselfde pan by en soteer tot geurig en effens bruin, sowat 3 minute.
Voeg die pesto by en roer.
Giet die room en groente -aftreksel in en meng goed met die pesto. Bring tot kookpunt.
Voeg die gaar pasta in die pan en roer om dit eweredig met die sous te bedek.
Dien op:
Sny die hoender in skywe en rangskik bo-op die pasta.
Sprinkel met geskeurde mozzarella, gerasperde parmesaankaas en ekstra swartpeper.
Garneer met vars basiliekruid-blare.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024