Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
3 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 15 minute
Voorbereiding Tyd: 20 Minute
Bedien: 4-6 mense
1 kg ontbeende hoenderdye
3 E sojasous
3 E heuning
80 – 100 ml 100% vars lemoensap
4 E lemmetjiesap
2-3 E olyfolie
2 t vars knoffel
Handjievol gekapte pietersielie
Sout en swart peper na smaak
Slaai:
Vars lemoene, geskil en in skywe gesny
Vars pomelo, geskil en in skywe gesny
Vars naartjies, geskil en in skywe gesny
Vars avokado, geskil en in skywe gesny
Handvol geroosterde makadamia-neute, in helftes gesny
Vars koljanderblare
Sprietuie, fyn gekap
Swartpeper
Koljanderblare vir garnering.
METODE:
Geur die hoenderdye met sout en peper, na smaak.
Maak die marinade deur die sojasous, heuning, lemoensap, lemmetjiesap, olie en knoffel saam in 'n groot bak. Voeg die hoender by en roer om goed te bedek. Laat verkoel en marineer vir ten minste 30 minute.
Voorverhit die roosterpan tot mediumwarm en meer met olie. Braai die hoender tot goudbruin en gaar aan albei kante.
Giet intussen die oorblywende marinade in 'n klein kastrol. Bring tot kookpunt oor medium hitte. Verlaag die hitte en laat prut tot dit verminder tot ongeveer ‘n 3/4 koppie. Dit behoort so 5 tot 7 minute te neem.
Terwyl die hoender braai, skil en sny die lemoen, naartjies en pomelo, asook die avokado in skywe.
Bedien die hoender met 'n paar lepels sous en pak dit op die sitrusslaai skywe, avokado-snye en makadamia-neute. Garneer met koljanderblare, indien verkies.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024