Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 1 uur
Voorbereiding Tyd: 20 Minute
Bedien: 4 mense
Marinade:
2 E olyfolie
2 E suurlemoensap
Vars tiemie, na smaak
1/4 t swartpeper, gekraak
1/4 t, seesout
3 knoffelhuisies of 1 teelepel knoffelpoeier
4 lam-steaks
1 E olyfolie vir braai
Sous:
1 k witwyn of rooiwyn
1/4 k Dijon-mosterd
vars tiemie
1 knoffelhuisie, fyn gekap
2 E vars room
METODE:
Marinade:
Meng olyfolie, suurlemoensap, tiemie, swartpeper, seesout en knoffel in 'n medium bak.
Plaas die lamsvleis oop op 'n groot bord.
Gooi die marinade oor en maak seker dat die vleis ten volle met die marinade bedek is.
Marineer vir so 30 minute by kamertemperatuur.
Braai die lamsvleis:
Verhit een eetlepel olyfolie in ’n groot pan to mediumwarm.
Voeg vleis in die pan.
Braai sowat 4 minute aan elke kant. (Tyd hang af van die dikte van die vleis en hoe gaar jy daarvan hou.)
Haal uit die pan en hou eenkant om te rus.
Hoe om die sous vir lam te maak:
Voeg wyn in dieselfde pan en bring tot kookpunt.
Voeg mosterd, vars tiemie en knoffel by.
Bring tot kookpunt en verminder die sous tot dit verdik. Dit behoort 'n paar minute te neem.
Voeg 2 eetlepels swaar room by. Dis opsioneel, maar dit kan goed wees om die sterk geure te versag.
Proe die sous en voeg nog 'n eetlepel of twee room by, indien nodig.
Voeg die gebraaide skaapvleis in die sous.
Laat prut op lae hitte om dit deur te verhit.
Geur die sous met sout en swartpeper, indien nodig.
Let wel:
Maak seker die skaaptjops is medium-gaar. Indien nie, laat prut dit vir 'n paar minute in die sous met die deksel op.
Verwyder van die hitte en laat die vleis rus.
Bedek tot dit gaar is.
Om voor te sit, skep die sous oor die skaaptjops en strooi nog vars tiemie oor.
Romerige Aartappels:
Bedien 6 mense
BESTANDDELE:
2 E ongesoute botter
10 medium aartappels
4 g Gruyère of skerp wit cheddarkaas (ongeveer 1 koppie gerasper)
4 g parmesaankaas (ongeveer 1 koppie gerasper)
5 knoffelhuisies
1 medium bos vars tiemie
2 1/4 k swaar room
1 t Kosher-sout
1 t varsgemaalde swartpeper
1/4 t gemaalde neutmuskaat
METODE:
Voorverhit die oond tot 170 °C.
Vryf 2 eetlepels botter aan die onderkant en kante van ’n diep oondbak.
Skil die aartappels en sny in dun skywe.
Jy kan die aartappels net so rou gebruik, ek verkies om dit so effe sag te kook, aangesien dit die oondtyd verkort.
Berei die sous voor en voeg bestanddele in ‘n groot bak.
Wit cheddarkaas, parmesaankaas, knoffelhuisies, pluk die blare uit 1 bos vars tiemie en kap dit fyn.
Voeg room, sout en swartpeper asook gemaalde neutmuskaat by die bak en roer om als te meng.
Plaas die helfte van die mengsel in die pan en versprei in 'n gelyke laag.
Rangskik die aartappelskywe so skuins in rondte.
Voeg die oorblywende roommengsel eweredig oor die aartappels.
As jy te veel het, moenie alles gebruik nie.
Plaas die bak op 'n afgeronde bakplaat.
Bak tot die bokant goudbruin is en die aartappels sag is, 1 uur 40 minute as dit rou is, of ongeveer 40 min indien jy die aartappels vooraf sag gekook het.
As die bokant te vinnig bruin bak, bedek die bokant met aluminiumfoelie en bak verder.
Laat afkoel vir 10 minute voor opdiening.
Garneer indien nodig met nog vars tiemieblare of vars pietersielie.
Groenboontjies:
BESTANDDELE
400 g groenbone
1/2 suurlemoen
1 medium rooi ui
2 knoffelhuisies
2 E ongesoute botter, verdeel
1/4 k gesnyde amandels
1/2 t sout, verdeel, plus nog meer vir die water
METODE:
Laat 'n pot soutwater kook.
Sny die punte van die groenbone af.
Voeg by die kookwater en kook tot heldergroen en bros-sag, maar effens gaar, ongeveer 2 minute.
Dreineer en plaas dit onmiddellik in yswater of spoel met koue water af, om die kookproses te stop.
Sodra die groenbone heeltemal afgekoel is, dreineer en verwyder van water.
Sny halwe suurlemoen.
Sny 1 medium rooi ui in dun skywe.
Kap 2 knoffelhuisies fyn.
Smelt 1 eetlepel ongesoute botter in 'n pan oor medium-hitte.
Voeg 1/4 koppie gesnyde rou amandels en 1/4 teelepel Kosher-sout by en rooster tot geurig en ligbruin, 1 tot 2 minute.
Verwyder van pan.
Voeg die oorblywende 1 eetlepel ongesoute botter by die pan en smelt oor matige hitte.
Voeg die sjalot en knoffel by en laat kook tot geurig vir ongeveer 30 sekondes.
Gooi die groenbone, suurlemoensap en oorblywende 1/4 teelepel sout en kook tot sag, sowat 2 minute.
Plaas die amandels terug in die pan en meng deur.
Gebruik alle elemente van die dis en dien ‘n heerlike bord kos op.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2024