ONVDJ banier
25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Aarbei, Parmaham & Bokkaas Happies

1 jaar gelede

Aarbei, Parmaham & Bokkaas Happies

Kook/Bak Tyd: 20 minute

Voorbereiding Tyd: 30 Minute

Bestanddele

Bedien: 4-6 mense

Franse Baguette of Ciabatta brood 
Olyfolie
(Sny brood in snye en sprinkel met olyfolie en braai in pan tot goudbruin)  

1 bakkie Roomkaas
1 bakkie aarbeie
1 rolletjie Chevre bokkaas
1 x pakkie Coppa of Parmaham
Balsamiese reduksie “glaze”
Sout en peper
Basieliekruidblare

‘Kale’ of Boerenkool skyfies:
Boerenkool “Kale” blare
Sout en peper
Sap van 1 suurlemoen
Olyfolie

METODE:

Laat rooster snytjies brood in ’n braaipan in die oond tot goudbruin. Laat afkoel.
Smeer die snytjies geroosterde brood met roomkaas.
Sny die aarbeie in blokkies en breek die bokkaas in stukkies. 
Sny of skeur die parmaham of Coppa in kleiner stukke.
Vul die broodjies met aarbeie, ham, bokkaas en basieliekruidblare. 
Garneer met balsamiese reduksie, sout en peper. 

Gooi olyfolie, sout, peper en vars suurlemoensap in ’n glasbak en meng goed. 
Voeg die ‘Kale’ ook in die bak en meng goed sodat die blare met die vloeistof meng. 
Plaas die blare op ’n bakplaat, uitgevoer met bakpapier of foelie.
Laat rooster in die oond vir 15-20 minute tot krakerig.

Bedien die bruschetta broodjies en Kale-skyfies op mooi opdienborde. 

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late