Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 maande gelede
Kook/Bak Tyd: 20 minute
Voorbereiding Tyd: 10 Minute
Bedien: 8 mense
8 salmfilette
2 t sout, verdeel
2 t swartpeper, verdeel
2 t soet paprika
2 t knoffelpoeier
2 E olyfolie
2 t ongesoute botter
2 uie, fyn gekap
6 knoffelhuisies, fyn gemaak
2 k droë Orzo-pasta
2 t gedroogde tiemie
6 k lae natrium hoenderbouillon
100 -150 g babaspinasie
sap van ½ suurlemoen
1 k gerasperde Parmesaankaas
Varsgemaalde swartpeper - vir opdiening
Rooi gedroogde rissie vir opdiening en garnering
METODE:
Maak seker al jou voorbereiding is klaar voor jy begin kook.
Rasper die Parmesaankaas, kap die ui fyn en maak die knoffelhuisies fyn.
Maak die salm droog met ’n papierhanddoek.
Geur aan beide kante met knoffelpoeier, soet paprika, sout en peper.
Verhit olie en botter oor mediumhitte in 'n groot kleefvrye pan of pot.
Voeg salmfilette by en braai 3 - 4 minute per kant.
Haal uit pan en hou eenkant.
Verlaag hitte en voeg knoffel en ui by. Kook tot sag en geurig vir sowat 2 minute.
Roer tiemie en die oorblywende sout en peper by.
Voeg Orzo by en laat rooster vir 1 minuut.
Gooi sous in en bring tot kookpunt.
Om 'n prut te handhaaf, verminder die hitte tot medium-laag.
Laat kook onbedek terwyl jy af en toe roer om te keer dat die Orzo vassit tot amper al dente en meeste van die vloeistof geabsorbeer is, sowat 8 minute.
Voeg spinasie by, roer en prut tot verlep vir sowat 2 minute. Roer suurlemoensap en Parmesaankaas by.
Voeg nog sous by, indien nodig. Proe en pas sout aan.
Plaas die salm terug in die pan en laat prut vir 2-3 minute, of tot die salm deurwarm is.
Sprinkel varsgemaalde swartpeper en brandrissievlokkies oor. Geniet dit!
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025