Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
4 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 20 minute
Voorbereiding Tyd: 10 Minute
Genoeg vir ses mense
32 vars mossels / 5-6 per persoon
3 uie
600 ml vars room
3 E Bobotie-speserymengsel
3 - 4 t vars knoffel opgekap
3 t vars gemmer
300 g groot rosyntjies geweek in kookwater en in die helfte gekap
Sout en swartpeper na smaak
Handvol vars koljander vir elke bord/bakkie *verwyder stingels maar hou blare heel.
METODE:
Braai een ui en gemmer in botter.
Voeg die bobotie-spesery by en braai vir 1 minuut tot aromatiese geure vrygestel word.
Verlaag hitte en voeg room by.
Laat prut vir 10 minute of tot die sous effens verdik.
Laat stoom die mossels in soutwater tot dit oopmaak.
Voeg die mossels by die sous wanneer dit gereed is om voor te sit.
Maak brosgebraaide uie deur die twee oorblywende uie in repies te kap en te diepbraai.
Garneer met die koljanderblare en brosgebraaide uie.
Sprinkel die rosyne oor.
Notas:
Opdienbak so groot as moontlik, of klein bakkies vir enkel opdiening met 8-10 mossels per persoon.
Ek stel voor om die sous apart van die mossels te maak en dan die mossels te stoom net voor opdiening om te verseker dat hulle nie staan en taai of oorgaar word nie.
Die bord moet groot wees met die mossels in die middel, die koljander bo-op en dan die krakerige uie
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025