Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
3 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 20 minute
Voorbereiding Tyd: 5 minute
Genoeg vir 8 mense
560 g vars pampoen
400 g carnarolli-rys of arborio-rys (200 g)
2 medium uie opgesny
4 knoffelhuisies medium, fyngekap
10 E voedingsgis of parmesaankaas
2 l groente-aftreksel
160 g droë witwyn, opsioneel
12 salieblare of 2 t gedroogde salie
6 E ekstra suiwer olyfolie of botter
Neutmuskaat, vars of gedroog
Sout en peper
Parmesaankaas
Pampoensade
Heuning
Repies gebraaide spek
Italiaanse pietersielie vir garnering
Heel stukke geroosterde pampoen
METODE:
Voorverhit die oond tot 220 ºC en voer 'n bakplaat met bakpapier uit.
Sny die geskilde vars pampoen in klein blokkies.
Meng die pampoen in 'n bak met 'n teelepel olyfolie en 'n knippie sout.
Bak vir 20 minute in die oond tot goudbruin.
Los Groenteaftreksel met warm water op of kook jou eie as jy wil.
Risotto:
Verhit die olie in 'n medium kastrol.
Voeg die gekapte uie by, gevolg deur die fyngekapte knoffel en laat kook oor matige hitte, roer gereeld tot die ui deurskynend is, sowat 3 minute.
Voeg die rys by, laat braai dit liggies en begin deur die wyn en ‘n 1/3 koppie groente aftreksel by te roer tot die meeste vloeistof verdamp het.
Voeg die res van die aftreksel ’n halwe koppie op ’n slag by tot alles op is en roer deurlopend ongeveer 15 – 20 minute.
Voeg die helfte van die pampoenblokkies by (hou eenkant vir garnering) en die voedingsgis of parmesaankaas. Breek 'n paar van die pampoenstukke, sodat dit bydra tot die romerigheid van die risotto, of maak die pampoen fyn en laat ‘n paar blokkies heel.
Roer die vars salie by en rasper 'n bietjie neutmuskaat oor (opsioneel).
Proe die rys en as dit al dente is, skakel die hitte af, voeg 'n skeut olyfolie en swartpeper by en pas die sout aan.
Opdiening:
Skep die risotto in borde en strooi die Parmesaan, pampoensade, geroosterde spekstukkies, stukke pampoen en groot italiaanse pietersielie bo-oor.
Bedien dadelik.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025