Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
2 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 45 minute
Voorbereiding Tyd: 30 Minute
800 g Angus beesvleis dik burger patties
2 pakkies repie-spek
8 hamburger broodrolletjies
1 bakkie Kiri roomkaas
1 pakkie groot roketblare
2-3 rooi uie, in dik ringe gesny
Meel/ broodkrummels
Sout en peper
2 eiers geklits
Olie om uieringe te braai
250 g Gerasperde mozzarella-kaas
Jimmy’s marinade
8 groot braai-sampioene
250 ml suurroom
100 g bloukaas
Handvol gekapte pietersielie
Handvol gekapte grasuie
1 suurlemoen
Olyfolie
1 pak soetpatat-skyfies
1 pak beet-skyfies
METODE:
Braai die patties gaar op ‘n oop vuur of in die oond of braaipan.
As dit gaar is, verf jy die Jimmy’s marinade oor met ‘n koskwas vir ekstra geurigheid.
Rooster die repie-spek op ‘n bakplaat in die oond tot krakerig en gaar.
Plaas die sampioene op ‘n bakplaat uitgevoer met bakpapier, geur met sout, peper, olyfolie en suurlemoensap.
In ‘n glasbak meng die bloukaas, suurroom, ¼ van die gerasperde mozzarella, pietersielie en grasuie goed meng.
Plaas die vulsel binne-in die holtes van die sampioene en strooi die oorblywende gerasperde mozzarella oor.
Plaas dit op ‘n oop vuur of in die oond op 180 grade en rooster tot goudbruin en gaar. Dit neem ongeveer 20 min.
Sny die rooi uie in dik ringe en haal dit uitmekaar. Voeg meel of broodkrummels in ’n bakkie gemeng met sout en peper. In die ander bakkie breek jy die eiers en meng goed met ‘n vurk.
Doop jou uieringe in die eiermengsel dan in die meel mengsel en direk in die warm olie tot goudbruin en gaar gebraai.
Dit neem net ‘n paar minute. Haal uit die olie en dreineer op ‘n bord met kombuispapier.
Rooster die broodrolletjies in ’n pan.
Voeg nou die burger bymekaar.
Gebruik die smeerkaas as jou botter vir die broodrolletjies.
Daarna sit jy die volgende elemente op mekaar: roketblare, pattie, sampioen, 2-3 repies spek, krakerige uieringe, hamburgersous van jou keuse en laastens die bokant van die rolletjie.
Steek ‘n kosstokkie deur jou burger om alles bymekaar te hou en bedien dit saam met jou groente-skyfies.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025