25 Jaar Ontbytsake

smulSake

Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.

Terug
Sjokolade Lava-Nagereg

1 maand gelede

Sjokolade Lava-Nagereg

Kook/Bak Tyd: 12 - 15 minute

Voorbereiding Tyd: 15 Minute

Bestanddele

Maak: 4 tot 6 Ramekin-bakkies
Moeilikheidsgraad: Maklik

150 g botter (Plus ekstra vir smeer van bakkies)
1 opgehoopte Eetlepel gewone koekmeel
Kakaopoeier vir strooi in bakkies oor bottersmeer
150 g goeie kwaliteit donker sjokolade, in blokkies gebreek (ek gebruik 70-85% donker sjokolade)
3 groot eiers
75 g strooisuiker
4-6 Donker sjokolade Lindt balletjies
Versiering: 
Vanielje-roomys vir opdiening
Rooi frambose
Tiemie- of kruisementblare


METODE:


Verhit die oond tot 180 grade.
Smeer die ramekins met botter, gebruik sommer kombuispapier om dit te doen.
Strooi kakaopoeier in elke bakkie sodat dit die bottersmeer bedek is. Gooi die oortollige kakao uit. Die stap help dat die nagereg nie in die bakkies vassit nie. Jy kan ook aan die onderkant bakpapier plaas om seker te maak dit sit nie vas nie. 
Gebruik ‘n pot waarop ‘n glasbak sal pas en gooi ‘n bietjie water daarin. Plaas die glasbak bo-op om dubbelkoker te vorm. Maak seker die glasbak raak nie aan die water nie.
Gooi die sjokolade en botter in die glasbak en laat smelt dit en meng goed. 
Mens die eiers en strooisuiker goed in ’n ander glasbak.  
Sodra die sjokolade-mengsel effe afgekoel het, meng dit met die eiermengsel. 
Sif die meel bietjie vir bietjie oor die mengsel en vou dit goed in. 
Deel die mengsel eweredig tussen al die bakkies.
Plaas die Lindt balle in die middel van elke ramekin bakkie. Maak seker dis toe onder die deegmengsel.
Plaas die ramekins in die yskas tot jy dit wil bak en bedien.
Om te bak, plaas die bakkies op ‘n bakplaat in die middel van die oond. Bak vir 12-15 minute.
Die kante van die koekie, moet ferm wees, maar die middel nog lekker sag.  
Sodra die ramekins uit die oond kom, laat dit ‘n paar minute afkoel en keer dit dan om op ‘n mooi bordjie.
Bedien met roomys en versier met frambose en kruisement of tiemieblare. 

Wenk:

Jy kan die mengsel reeds ‘n dag vooraf maak en in die yskas hou tot jy dit wil bak. Jy kan ook in plaas van gewone donker sjokolade gegeurde donker sjokolade gebruik.

onsGEMEENSKAP

Bly op hoogte van ons doen en late