Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
Ons sjef, Corli Prinsloo, wys ons hoe om maklike geregte te maak met ’n lekker kinkel van haar eie om die dis net daardie ekstra lekkerte te gee om jou gesin en gaste mee te bederf. Kry die resepte hier.
3 weke gelede
Kook/Bak Tyd: 45 minute
Voorbereiding Tyd: 15 Minute
Genoeg vir 6 mense:
800 g tot 1 kg goeie kwaliteit hoenderdye
2 - 4 selderystokkies
2 uie, fyn gekap
2 - 4 knoffelhuisies, fyn gekap
300 g klein Portobello-sampioene
300 ml witwyn
200 ml aftreksel
1 t mosterd
½ t heel mosterdkorrels
4 E Crème Fraîche of room
60 g gerasperde parmesaankaas
Vars tiemie
Sout & peper
1 -2 t mielieblom
METODE
Braai die hoender 5 min aan elke kant in ’n bietjie olyfolie.
Gebruik dieselfde pan om die seldery en uie vir 7 minute te braai tot sag.
Voeg die knoffel by.
Voeg die sampioene by.
Voeg die witwyn, aftreksel en tiemie by en plaas die hoender terug in die pan en bak in die oond vir 45 minute teen 180 Celcius.
Wanneer jy gereed is om te bedien, voeg mosterd en Crème Fraîche/room en parmesaan, asook die mielieblom by om die sous te verdik.
Plaas terug in die oond vir nog 8 tot 10 minute om te verbruin en verdik.
Kook die aartappels tot sag, voeg die knoffel, roomkaas en botter by en meng goed.
Blansjeer die wortels en bootjies, sprinkel met olyfolie en sout en rooster in die oond vir ‘n goudbruin kleur.
Opdiening en Garnering:
Skep die bord heerlike kos en garneer met vars Pietersielie, Tiemie of fyngekapte kruisement.
stel voor
As jy 'n aanhanger is van ons land se kampioen MMA-vegter, Dricus "Stillknocks" du Plessis, dan moet jy die ontbytSAKE episode kyk! Ons het saam met hom gekuier en het vir julle die 'mens' agter die geharde vegter wys.
Op 2 September het ons gesels oor alles wat lekker en goed is in ons land... 😁
Ons gas was die Good Things Guy, Brent Lindeque en sy aansteeklike optimisme en energie kan ons almal net goed doen.
ontbytSAKE het 1 Jullie saam met die gewilde aanbieder en voormalige Protea Netbalspeler, Vanes-Mari du Toit gekuier en ons het ingeloer by besighede in die omgewing van Middelburg en Emalahleni in Mpumalanga.
Bly op hoogte van ons doen en late
© 2025